Hertha BSC

Hertha BSC
logo
Volle naam Berliner Sport-Club Hertha 1892 e.V.
Bynaam/me Die Alte Dame
Stigting 1892
Tuisveld Olimpiese stadion, Berlyn
Kapasiteit 74 220
Liga 2. Bundesliga
Spankleure Spankleure Spankleure
Spankleure
Spankleure
 
Tuiskleure
Spankleure Spankleure Spankleure
Spankleure
Spankleure
 
Wegkleure
Olimpiese stadion, Berlyn

Hertha BSC is 'n sportklub uit Berlyn, die hoofstad van Duitsland, veral bekend vir sy sokkerafdeling. Behalwe sokker, het die klub ook onder meer afdelings vir tafeltennis, boks, yshokkie en strandvlugbal.

Die klub het op 25 Julie 1892 ontstaan toe die broers Fritz en Max Lindner (16 en 17 jaar oud) 'n sokkerklub gestig het genaamd BFC Hertha 92. Die naam ‘Hertha’ kom van 'n stoomboot af. Die boot het blou en wit strepe gehad en dit het ook die klubkleure geword.

Weens finansiële probleme het die klub in 1920 met Berliner Sport-Club saamgesmelt as Hertha Berliner Sport Club. Van 1926 tot 1931 het Hertha BSC ses keer die eindstryd van die ‘Deutsche Meisterschaft’ bereik en 2 keer die Duitse kampioenspan geword. Die samesmelting het egter weer geskei in 1930 en die twee klubs het weer hulle eie gang gegaan. In 1933 is die Duitse sokkerstruktuur deur die Nazis hervorm en Hertha is in die Gauliga Berlyn-Brandenburg ingedeel. Hertha het die liga in 1935, 1937 en 1944 gewen, maar is elke slag vroeg uitgeskakel in die uitspeelwedstryde om die nasionale titel.

Na die Tweede Wêreldoorlog is die klub deur die Geallieerdes ontbind, maar teen die einde van 1945 is die klub herstig as SG Gesundbrunnen en in die Oberliga Berlyn (groep C) ingedeel. Teen 1949 het die klub die naam Hertha BSC Berlyn teruggeneem. Spanning tussen die Westerse- en die Russiese besettingsmagte in Berlyn en die gepaardgaande ontwikkeling van die Koue Oorlog het tot chaotiese toestande vir sokker in Berlyn gelei. In die 1949/50-seisoen is Hertha verbied om teen Oos-Duitse klubs te speel nadat verskeie spelers en die afrigter van SG Friedrichstadt by die klub aangesluit het nadat hulle na Wes-Berlyn gevlug het. Klubs in Oos-Berlyn is gedwing om uit die Oberliga Berlyn te onttrek en by die Oos-Duitse kompetisies in te skakel vanaf die 1950/51-seisoen. Gedurende die 1950's het Tennis Borussia Berlyn die vernaamste teenstander van Hertha geword en 'n voorstel in 1958 vir die twee klubs om saam te smelt was onsuksesvol.

As kampioen van Berlyn het Hertha gekwalifiseer om deel te neem aan die nuutgestigte Bundesliga in 1963. Met die bou van die Berlynse Muur het Hertha BSC deur 'n moeilike tyd gegaan: die klub was naamlik betrokke by die omkoop van spelers en hulle is as gevolg hiervan uit die Bundesliga gerelegeer.

Hertha se amateurspan het in 1993 'n baie groot prestasie behaal toe hulle die eindstryd van die DFB-Pokal gehaal het en op die ou end net-net met 0-1 teen Bayer 04 Leverkusen verloor het. Sedert 1997 speel die klub onafgebroke in die Bundesliga.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy